Aramaic/Afrikaans Peshitta Interlinear Translation -
Introduction
Hierdie vertaling van die Aramese
Nuwe Testament (wat ook bekend staan as die Peshitta) is gedoen deur *withheld
by request - Ed.*, 'n mediese student aan die Universiteit van die Witwatersrand. Dit
is die eerste vertaling van sy soort in die Afrikaanse taal.
Die vertaling is gedoen uit die oorspronlike Aramese geskrifte soos dit op die
Internet geplaas is deur Paul Younan, en omdat ek nog 'n student is in die
Aramese taal moes ek ook die interliniere vertaling van die Aramees in Engels
gebruik saam met die leksikonne wat op die Internet beskikbaar is.
Die vertaling is so letterlik as moontlik gedoen, sonder om die oorspronlike
betekenis in Aramees te ruineer. Natuurlik moet die vertaler probeer hou by die
beskikbare gramatiese reels van Afrikaans om die vertaling saam te stel, maar in
die proses van 'n letterlike vertaling mag daar sommige reels omvergewerp word
sodat die oorspronlike bedoeling van die Aramese teks duidelik is. Voorbeelde
hiervan is woordorde en die gebruik van die leterlike vertaling van voorsetsels.
Oor die algemeen is die vertaling baie verstaanbaar en om die leser aan te help
is al die woorde wat deur Jeshua Meshiha gespreek is in rooi gedruk.
Ek bid dat hierdie vertaling 'n seen in die leser se lewe sal wees. Mag Jeshua
deur Sy Gees die leser tot geloof en oortuiging aanspoor deur hierdie vertaling.
Indien enigiemand voorstelle het met hoe die vertaling verbeter kan word, kan
julle my e-pos by *withheld by request - Ed.*
-------
This present translation of the
Aramaic NT into Afrikaans is done by *withheld by request - Ed.*, a medical student
from Johannesburg, South Africa. It is the first translation of its kind in
Afrikaans.
The translation is done directly from the original Aramaic with the help of the
English Interlinear translation by Paul Younan and the lexicons that are
available on the internet.
The translation is very literal so that the original meaning may not be
distorted. Of course, the translator needs to adhere to the grammatical rules of
Afrikaans but in the process of this literal translation some rules have been
bended so that the intentions of the Aramaic text is clear, e.g. minor changes
in word order and the literal translation of prepositions.
However, throughout the translation I
made sure that it is completely understandable and clear, and as an aid to the
reader all the words spoken by Yeshua are highlighted in red.
I pray that Yeshua, through His Spirit, will convict the reader to faith in Him
and strengthen the faith of those that believe in Him through this translation.
Any comments and suggestions to improve this translation can be sent to
*withheld by request - Ed.*