Aramaic Peshitta

Add to Favorites

Set as Homepage

Home

 

  Buy Lamsa Bible:

 

 

Hit Counter

 

RCL circle:

Aramaic Peshitta Bible Repository

Lamsa Bible Online

Raph's Online Bookstore

 

 

FREE download of "Was the New Testament Really Written in Greek?"

 

 Support independent publishing: buy this book on Lulu.

 

 

Aramaic/Afrikaans Peshitta Interlinear Translation - Mark 1

 

Hoofstuk 1

 

1         Die begin van die evangelie van Jeshúa die Mesias, die Seun van God.

2         Soos dit geskrywe is deur Jeshajá, die profeet: Kyk, Ek sal my boodskapper voor Jou aangesig stuur sodat hy Jou weg voorberei.

3         ‘n Stem wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, en maak Sy paaie reguit.

4         Jóhanan was die woestyn besig om te doop en die bekering tot die vergifnis van sondes te verkondig.

5         En almal uit die omgewing van Jehuda het uitgegaan na hom en al die kinders van Jerusalem sodat hy hulle kon doop in die Jordaan terwyl hulle hul sondes belei het.

6         En Jóhanan was geklee met klere van die hare van kamele en hy was gebind met leer rondom sy heupe en sy voedsel was sprinkane en wilde heuning.

7         En hy sou preek en sê: Kyk, ná my kom Een wat meer kragtig as ek is, Hy wie ek nie waardig is om te buk en die rieme van Sy sandale los te maak nie.

8         Ek doop julle in water, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees.

9         En dit was in daardie dae dat Jeshúa gekom het van Nasrath van Galila, en Hy was gedoop in die Jordaan deur Jóhanan.

10      En dadelik toe Hy opkom uit die water, het Hy die hemel gesien skeur en die Gees het soos ‘n duif op Hom neergedaal.

11      En ‘n stem was uit die hemel: Jy is my geliefde Seun, in jou het ek ‘n welbehae

12      En dadelik het die Gees Hom uitgedryf in die woestyn.

13      En Hy was daar in die woestyn veertig dae terwyl Hy deur Satán versoek is, en Hy was tussen wilde diere en engele het aan Hom bedien.

14      Maar nadat Jóhanan oorgelewer was, het Jeshúa na Galila gekom en Hy het die evangelie van die koninkryk van God verkondig.

15      Hy het gesê: Die tyd is volbring en die koninkryk van God het aangekom. Bekeer julle en glo in die evangelie!

16      En terwyl Hy om die See van Galila geloop het, sien Hy Shimón en Andráus, sy broer, besig om nette in die see te gooi, want hulle was vissermanne.

17      En Jeshúa het aan hulle gesê: Kom, volg My, en Ek sal julle vissers van die seuns van mense maak.

18      En dadelik het hulle hul nette gelos en Hom gevolg.

19      En soos Hy verder oorgeloop het, het Hy Jaäqob, die seun van Zabdí, en Jóhanan, sy broer, gesien. En ook hulle was in ‘n boot besig om hul nette heel te maak.

20      En Hy het hulle geroep, en dadelik het hulle Zabdí, hul vader, in die boot gelos met die gehuurde hulp, en hulle het Hom gevolg.

21      En toe hulle Kapernahum binnekom, sou Hy dadelik op die Shabbat in hul sinagoges leer.

22      En hulle was verstom deur Sy leer. Hy sou vir hulle leer met gesag en nie soos hulle skrifgeleerdes nie.

23      En daar was in hul sinagoge ‘n man in wie ‘n onreine gees was. En hy het uitgeskreeu

24      en gesê: Wat het ons met Jou te doen, Jeshúa Nasrajá? Het Jy gekom om ons te vernietig? Ek weet wie Jy is: Jy is die Heilige Een van God!

25      En Jeshúa het hom bestraf en gesê: Sluit jou mond en kom van hom uit!

26      En die onreine gees het hom neergegooi en hy het in ‘n harde stem uitgeskreeu en hy het uit hom uitgekom.

27      En almal van hulle was verbaas, en het mekaar gevra en gesê: Wat is hierdie? En wat is hierdie nuwe leer, want met gesag bevel Hy selfs onreine geeste en hulle gehoorsaam Hom?   

28      En dadelik het Sy roem uitgegaan in die hele land van Galila.

29      En hulle het van die sinagoge uitgegaan en het gekom by die huis van Shimón en Andráus saam met Jaäqob en Jóhanan.

30      En die skoonmoeder van Shimón was siek met ‘n koors, en hulle het Hom vertel van haar.

31      En Hy het nader gekom en haar by die hand geneem en haar opgelig. En dadelik het haar koors haar verlaat en sy het aan hulle bedien.

32      En in die aand, by die ondergaan van die son, het hulle na Hom almal gebring wie ernstig siek en met demone was.

33      En die hele stad was vergader by die deur.

34      En Hy het baie genees wat ernstig siek was met verkeie swakhede, en baie demone het Hy uitgedryf. En Hy het nie die demone toegelaat om te praat nie, want hulle het Hom geken.

35      En Hy het baie vroeg die oggend opgestaan en uitgegaan na ‘n eensame plek, en daar het Hy gebid.

36      En Shimón, en die met hom, het Hom gesoek.

37      En toe hulle Hom vind, het hulle aan Hom gesê: Al die mense soek vir jou.

38      Hy het aan hulle gesê: Loop in die dorpe en in die stede in wat naburig is, want ook daar sal Ek preek, want hiervoor het Ek gekom.

39      En Hy sou preek in al hul sinagoges in die hele Galila en het demone uitgedryf.

40      En ‘n melaatse het na Hom gekom en op Sy voete geval en Hom gesmeek, en aan Hom gesê: As Jy wil, kan Jy my rein maak.

41      En Hy, Jeshúa, het medelye vir hom gehad en Sy hand uitgestrek, hom aangeraak en gesê: Ek wil, wees rein!

42      En op daardie oomblik het sy melaatsheid van hom weggegaan, en hy was rein gemaak.

43      En Hy het hom berispe, en uitgegaan

44      en aan hom gesê: Sien daarna dat jy geen mens vertel nie. Eerder, gaan vertoon jouself aan die priesters, en offer ‘n offerhande vir jou reiniging soos Moshé beveel het vir hulle getuienis.

45      Maar hy het, toe hy weggegaan het, baie begin verkondig en die gebeurtenis bekend gemaak sodat Jeshúa nie openlik die stad kon binnegaan nie; maar buite was ‘n verlate plek, en hulle het na Hom gekom van elke gebied.