|
|
|
Aramaic Peshitta
Buy Lamsa Bible:
Aramaic Peshitta Bible Repository
|
Aramaic/Afrikaans Peshitta Interlinear Translation - Mark 2
Hoofstuk 2
1 En Jeshúa het weereens Kapernahum binnegegaan na ‘n paar dae. En toe hulle gehoor het dat Hy in die huis was, 2 het baie saamgekom, sodat die huis hulle nie kon hou nie, nie eers voor die deur nie. En Hy het die woord tussen hulle gespreek. 3 En hulle het na Hom gekom en ‘n verlamde na Hom gebring terwyl hy deur vier gedra word. 4 En toe hulle nie Hom kon nader nie, vanweë die skare, het hulle op die dak geklim en die bedekking van die plek waar Jeshúa was opgelig, en hulle het die bed waarop die verlamde was afgesak. 5 En toe Jeshúa hulle geloof gesien het, het Hy aan daardie verlamde gesê: My seun, jou sondes is jou vergewe! 6 Nou, dáár was somige skrifgeleerdes en Fariseërs wie gesit en in hulle harte gedink het: 7 Waarom praat dié godslastering? Wie is bekwaam om sondes te vergewe behalwe Een God? 8 Maar Jeshúa het in Sy Gees geweet dat hulle besig was om hierdie dinge in hulself te dink. En Hy het aan hulle gesê: Waarom dink julle hierdie dinge in julle harte? 9 Wat is makliker, om aan die verlamde te sê dat jy jou sondes vergewe is, of om te sê: Staan op, neem jou bed en loop? 10 Maar sodat julle mag weet dat dit veroorloof is vir die Seun van die mens om op aarde sondes te vergewe, het Hy aan die verlamde gesê: 11 Ek sê aan jou: Staan op, neem jou bed en gaan na jou huis! 12 En hy het dadelik opgestaan en sy bed geneem en weggegaan voor die oë van almal, sodat almal van hulle verbaas was. En hulle het heerlikheid aan God gegee terwyl hulle gesê het dat hulle nog nooit so iets gesien het nie. 13 En Hy het weereens na die See gegaan, en al die skare het na Hom gekom, en Hy sou hulle onderig. 14 En terwyl Hy oorgeloop het, het Hy Lewí gesien, die seun van Halpáï, wie by die tolhuis gesit het. En Hy het aan hom gesê: Kom, volg My! En hy het opgestaan, gegaan en Hom gevolg. 15 En dit was toe Hy by sy huis aangesit het dat tollenaars en sondaars saam aangesit het met Jeshúa en met Sy dissipels, want daar was baie en hulle het Hom gevolg. 16 En die skrifgeleerdes en Fariseërs, toe hulle gesien het dat Hy eet met die tollenaars en met die sondaars, het hulle aan Sy dissipels gesê: Wie eet en drink saam met tollenaars en sondaars? 17 Maar toe Jeshúa gehoor het, het Hy aan hulle gesê: Die gesondes benodig geen geneesheer nie, eerder daardie wat baie siek is. Ek het nie gekom om die regverdiges te roep nie, eerder die sondaars. 18 Nou, die dissipels van Jóhanan en die Fariseërs sou vas, en hulle het gekom en aan Hom gesê: Hoekom vas die dissipels van Jóhanan en van die Fariseërs en Jou dissipels vas nie? 19 En Jeshúa het aan hulle gese: Hoekom kan die seuns van die bruilofsmaal so lank as wat die bruidegom tussen hulle is nie vas nie? 20 Maar die dae sal kom wanneer die bruidegom weggeneem sal word van hulle; dán sal hulle vas in daardie dag. 21 Geen mens plaas ‘n nuwe lap en werk dit op ‘n ou kleed nie, anders neem daardie nuwe lap van die oue, en die skeur word groter. 22 En geen mens gooi nuwe wyn binne ou wynsakke nie, anders bars die wyn die wynsakke en die wynsakke word vernietig en die wyn loop uit. Eerder, hulle gooi nuwe wyn in nuwe wynsakke. 23 En dit was toe Jeshúa deur die gesaaide velde gegaan het op die Shabbat dat Sy dissipels geloop en graan gepluk het. 24 En die Fariseërs het aan Hom gesê: Kyk wat hulle besig is om te doen, iets wat nie op die Shabbat geoorloof is nie! 25 En Jeshúa het aan hulle gesê: Het julle nog nooit gelees wat Dawíd gedoen het toe hy in nood was en honger gehad het nie, hy en die wat saam hom was; 26 hoe hy die Huis van God binnegegaan het, terwyl Abjatár die Hoëpriester was, en die brood van die Tafel van die Here geëet het, wat nie geoorloof was om te eet nie behalwe vir die priesters, en hy het selfs vir die wat saam hom was gegee? 27 En Hy het aan hulle gesê: Die Shabbat was gemaak vir die mens, en nie die mens vir die Shabbat nie. 28 En daarom is ook die Seun van die mens die Here van die Shabbat.
|